30ste Produksieveiling
50 Jaar van Meet en Weet
Rouvus se 30ste Produksieveiling
Vyftig jaar gelede het Rouvus begin met ‘n eenvoudige doel: om Drakensbergers te teel wat onder werklike veldtoestande kan presteer.
Vandag, met die 30ste produksieveiling, kyk ons met dankbaarheid terug op vyf dekades van doelgerigte seleksie, noukeurige rekordhouding en ‘n “Meet en Weet”-benadering wat jaar ná jaar deur prestasie en onafhanklike erkenning bevestig word.
Vir die eerste keer in jare kry kopers die geleentheid om van Rouvus se top oop verse aan te koop.
Hierdie is nie bloot vervangingsverse nie – dit is die moederlyne waarop die volgende geslag Rouvus-genetika gebou word.
As jy nog altyd vroeg toegang wou hê tot die genetika agter ons kudde se sukses, is hierdie jou geleentheid.
Hou die spasie dop.
Binnekort wys jou volgende bul hier
30ste Produksieveiling
50 Jaar van Meet en Weet
Rouvus se 30ste Produksieveiling is meer as net nóg ‘n veiling – dit is die viering van vyf dekades se doelgerigte seleksie, noukeurige rekordhouding en ‘n onwrikbare geloof in die waarde van Meet en Weet.
Elke veiling vertel ‘n deel van hierdie verhaal. Nie net van bulle en koeie wat verkoop is nie, maar van ‘n stoet wat jaar ná jaar gebou is op konsekwente besluite, sterk moederlyne en genetika wat hul waarde op die plaas bewys.
Soos jy deur die jare se veilings blaai, sien jy meer as advertensies. Jy sien ‘n nalatenskap wat oor 50 jaar gegroei het – en ‘n filosofie wat steeds dieselfde bly: meet, weet en voortdurend verbeter.
Veiling Resultate
Bulle
Hoogste: R160 000 / Gem: R59 961
Dragtige Stoet Verse
Hoogste: R30 000 / Gem: R24 333
Komm. Dragtige Verse
Hoogste: R15 500 / Gem. R 15 500
Stoet Oop Verse
Hoogste R16 000 / Gem. R15 888
Komm. Oop Verse
Hoogste R10 250 / Gem. R10 125
Veiling Resultate
Bulle
Veiling Resultate
Bulle
Veiling Resultate
Bulle
