Fase C
Fase C: Wat is Fase C, hoekom doen ons dit en wat toets ons?
Wat is Fase C?
Wat is Fase C? Fase C is een van die belangrike na-speen prosedures in die teelproses. Dit is die fase waar die diere se inname van voer gemeet word. Na speen word die kalwers na 'n Sentrale of Privaat geregistreerde sentrum geneem, waar die voerinname noukeurig gemonitor word. Voeromset is die genetiese vermoë om voer om te sit in vleis. Sommige diere benodig 10 kg voer om 1 kg gewigstoename te bereik, terwyl ander net 4 kg voer benodig. Dit is waarom dit so belangrik is om die inname en voeromset akkuraat te meet om die beste teelwaardes te bepaal.



Waarom doen ons Fase C?
Rouvus se filosofi is eenvoudig: “Meet om te weet.” Deur die diere se voer inname en gewigstoename te meet, kan ons meer ingeligte besluite neem wat die langtermyn groei en doeltreffendheid verbeter. Fase C help ons om die meest effektiewe voerverbruikers te identifiseer — diere wat min voer benodig om te groei, wat laer produksiekoste beteken en groter winsgewendheid. Die doel van Fase C is om genetiese samestelling te evalueer en diere te identifiseer wat die beste prestasie toon in terme van produksiedoeltreffendheid en voerinname. Deur diere wat wanpresteer of gesondheidsprobleme het uit te skakel, kan ons die genetiese kwaliteit van die kudde optimaliseer.



Wat toets ons alles?
Gedurende Fase C meet ons die volgende om 'n deeglike evaluasie van die diere se prestasie te kry: Gewig Hoogte en lengte Veldikte Skrotumomtrek Marmering (vleiskwaliteit) Oogspieroppervlak (gesondheid en ontwikkeling) In Fase C word elke dier se voerinname akkuraat gemeet deur gebruik te maak van die DeLaval Delpro stelsel en B-transponderbande. Die diere se inname word oor 84 dae (drie maande) gemonitor, wat die mees akkurate metode is om voerinname en voedselomsetdoeltreffendheid (VOV) te bereken.



Hoe werk die proses?
Skeiding: Die diere word in groepies geplaas op grond van speen tydsperiodes.
Fase C Pille: Die diere ontvang Fase C pille wat in 'n lekbak geplaas word, en hulle voer die pille op ‘n voorafbepaalde roetine.
B-Transponders: Diere word gemerk met B-transponders wat deur stasie-lesers gelees word om inligting oor hul voerverbruik te versamel
Wegings: Diere word 12 keer per week gewig, wat die progressie en groei dop hou.
Ultrasoniese Skandering: Aan die einde van die toets, word diere deur tegnici geskan vir ultrasoniese metings, wat parameters soos hoogte, veldikte en skrotumomtrek insluit.
Fase C is die enigste fase waarin direkte voerinname per dier gemeet word, wat die akkuraatste resultate oplewer vir die bepaling van teelwaardes vir voerinname-effektiwiteit.



