29ste Produksieveiling

Rouvus, dekades van MEET EN WEET

Met dekades se seleksie, veld-aanpasbaarheid en stelselmatige teel, bring Rouvus vanjaar weer ’n groep bulle en vroulike diere na die mark wat nie net presteer nie – maar wins dra.

Of jy nou soek na ‘n stelselbul, ’n volronde moederlyn of ’n veldvaste kalwermaker – dié veiling bring kwaliteit met koers.

By Rouvus begin dit nie by ’n bul of ’n verse nie. Dit begin by ’n stelsel – een wat al dekades lank geslyp word om wins in jou veld, jou voerkrip én jou veilingstaal te verseker.

Hier boer ons met data, doel en dieper denke. Van Fase C getoetsde manlikheid tot vroulike lynbesluite wat oor geslagte beproef is.

Rouvus se diere werk hóé hulle moet werk – gehard, aanpasbaar, en doeltreffend. Dis beesboerdery met ’n plan.

29ste Produksieveiling
'n Erfenis van Kwaliteit

Rouvus is trots om sy 29ste Produksie Veiling aan te bied, wat die jare van toewyding en kwaliteit weerspieël. Hierdie veiling is nie net ‘n geleentheid om van die beste Drakensberger beeste in die land te besit nie, maar ook om deel te wees van ‘n boerdery wat met trots gebou is op ‘n soliede erfenis van seleksie, doeltreffendheid en volhoubaarheid. Dit is ‘n kans om die volgende generasie beeste te bekom wat die toekoms van die industrie vorm.

Veiling Resultate

Bulle
Hoogste: R160 000 / Gem: R59 961
Dragtige Stoet Verse
Hoogste: R30 000 / Gem: R24 333
Komm. Dragtige Verse
Hoogste: R15 500 / Gem. R 15 500
Stoet Oop Verse
Hoogste R16 000 / Gem. R15 888
Komm. Oop Verse
Hoogste R10 250 / Gem. R10 125

Veiling Resultate

Bulle

Veiling Resultate

Bulle

Veiling Resultate

Bulle

Scroll to Top